| |
|
 |
Uitstalling van 17de eeuse Nederlands- en Vlaamse
Kuns Johannesburg Kunsgalery
(sien nuusbrief)
13 Nov 2011 - 27 Feb 2012
Dié uitstalling sluit kunswerke in van Nederlandse
en Vlaamse meesters onder meer Ferdinand Bol,
Adriaen van de Velde, Jacob Ruysdael, Pieter
Holsteyn, Jan van den Hecke en Cornelis Visscher.
|
Die internasionale versameling van die Johannesburg
Kunsgalery is uitsonderlik en die grootste in
Sub-Sahara Afrika. Die uitstalling inkorporeer ook
werke van SA kunstenaar, Johannes Phokela wat
bekende Nederlandse kunswerke herinterpreteer |
| |
|
 |
Jo Voets
’n Dagboekinskrywing-versameling van Bloemfontein –
kortverhale oor die Rosestad. Hierdie
fotografie-uitstalling open 10 Nov. by Oliewenhuis,
Bloemfontein.
Meer inligting:
www.nasmus.co.za |
| |
|
 |
VLAMO
– Nasionale Veldorkes Kampioenskappe
VLAMO, die bestuursliggaam vir amateurmusiek in
Vlaandere, stuur
Bart Tienpont, spesialis produksie-ontwerper en Geert
Vanmaeckelberghe, Vlamo hoof: 'Showbands' as beoordeellaars in
die 2011 Nasionale FBF kampioenskappe.
|
Verteenwoordigend van agt van SA se nege provinsies,
sal 18 veldorkeste optree. ’n Totaal van 2160
deelnemers – ouderdomme tussen 7 en 25 neem deel. 8
Okt. 09:00 - 13:00. Johannesburg Atletiek Stadion
(Langs Ellis Park). |
| |
|
 |
Afrikaaps toer in
Nederland!
Die suksesvolle Suid-Afrikaanse hiphopera, Afrikaaps
– 'n ko-produksie: The Glasshouse in Amsterdam en
The Baxter Theatre in Kaapstad – toer in Nederland
22 Sept. - 15 Okt. Die tema volg die ontwikkelling
van Afrikaans na "Afrikaaps" deur musiek wat strek
van hiphop en jazz tot Kaapse Goema en reggae. |
|
Die geselskap bestaan uit bekende digters, rappers,
sangers en musikante Jitsvinger, Emile Janssen, Kyle
Shepherd, Moenier Adams, Blaq Pearl, Bliksemstraal,
Jethro Louw en Shane Cooper. Vir hierdie toer voeg DEF
P (Osdorp Posse, Beatbusters) en Akwasi Ansah (Zwart
Licht, Likeminds) ‘Nederhop’ (NL hiphop) by die
rééds dinamiese styl. Video bydraes deur NL skrywer
Adriaan van Dis. Vertonings met NL onderskrifte.
www.theglasshouse.nu/projecten/afrikaaps |
| |
|
 |
Pantalone
by Out the Box-fees
Belgiese teater, Pantalone bied kinderproduksie, Dag
Maan aan. In hierdie uitsonderlike mini-produksie
word pragtige animasie, begelei deur viool, ’n
onvergeetlike klein wonderwerk. Dit word vertoon
tussen produksies by die Out the Box – ’n fees van
poppespel en visuele teater. The Annexe, UCT
Hiddingh-kampus.
Son. 4 Sept: 10:00, 12:00, 13:30, 16:00, 17:30. Maan.
5 Sept: 10:30, 12:30, 13:30, 15:30, 17:00, 18:00,
19.30.
Dins. 6 Sept: 10:30, 12:00, 15:00, 16:30.
www.facebook.com/outtheboxfestival
or
www.outtheboxfestival.com
or
http://twitter.com/OutTheBox_Fest |
| |
|
 |
Neville Tranter by Out the
Box-fees
Die wêreldberoemde Nederlandse poppemeester,
Neville Tranter, bied aan: Punch en Judy in
Afghanistan. Getrou aan die prettigheid en
eerlikheid van die Punch en Judy stukke,
verken hy 'n diepsinnige tema – wat gebeur as
naïwiteit en sinisme ontmoet? Punch en Judy in
Afghanistan speel af in en om 'n tradisionele
poppekas. Meesterlike vertolking versterk die
skerp satiriese humor, eie aan Punch en Judy.
9-11 September.
www.outtheboxfestival.com |
|
|
|
 |
Kamermusiek: Calefax Quintet-toer
1-11 September
(sien nuusbrief)
Die SA toer van Amsterdamse Calefax Reed
Quintet bestaan uit 6 uitvoerings, 5
werkswinkels en meestersklasse. Dié
bekroonde quintet verwerk en enterpreteer
musiek wat strek oor eeue – alles met hul
unieke, vars aanslag. |
|
Dit sluit klassieke musiek, jazz en wêreld
premières in. In samewerking met SA
komponis, Kevin Volans, is ’n splinternuwe
vertolking van Volan se Leaping Dance
geskep – première hiervan op die toer.
Uitvoerings:
Vrydag 2 September, Universiteit
van Stellenbosch
Saterdag 3 September, St. George
Katedraal, Kaapstad
Sondag 4 September, Hermanus
Dinsdag 6 September, NWU (Puk-kampus)
Potchefstroom
Vrydag 9 September, Unisa Pretoria
Saterdag 10 September, Johannesburg
Music Society
www.calefax.com |
|
|
|
 |
Die Brusselse Jazz Orkes en Tutu Puoane tree
op 26 & 27 Augustus by die jaarlikse
Standard Bank Joy of Jazz-fees, Dinaledi
Stage – Mary Fitzgerald Square, Newtown.
Vertoning begin om 19:00.
www.joyofjazz.co.za |
|
|
|
|
|
|