Die Nederlandse en Vlaamse
kultuur deel dieselfde wortels. Nederland en Vlaandere bied
vanjaar vir die eerste keer, 'n gesamentlike
Nederlands-Vlaamse Dagboek van Kuns en Kultuur in
Suid-Afrika aan. Die inisiatief kan gesien word as 'n
volgende stap in die versterking van die bestaande
samewerking tussen dié drie lande. Nederland en Vlaandere
sal voortgaan om te belê in die Suid-Afrikaanse kunssektor.
Tesame met Suid-Afrika word daar deurgaans gewerk aan
verhoudings en pogings ter versterking van Suid-Afrikaanse
instansies.
Inligting wat in die kultuurdagboek voorkom,
sluit aspekte van hedendaagse Nederlandse en Vlaamse kuns
in.
Ons hoop van harte u sal dit geniet om deel te neem aan die
gebeure. Besoek ons webwerf: www.kultuurdagboek.co.za vir
meer inligting. Die dagboek word aangebied deur die
Ambassade van België, verteenwoordiging van die Vlaamse
Regering in SA in samewerking met die Ambassade van die
Koninkryk van Nederland in SA.